Monday, October 11, 2010

Casandra 16 Mei - 25 Sept. 2010













































































Gone but not forgotten

I went out for a walk
It was so lovely in the sun.
Chasing the leaves, I was having so much fun.
Jumping and climbing I could have done it all day.
When I stopped to rest, I realised I had lost my way.

I love and miss you and want you to know,
it was nothing you have done.
I just got carried away with playing in the sun.
Please try not to worry too much about me.
I can look after myself, and in a way I am free.

Although I'll never stop looking for a way home,
we will never be apart.
I will always feel your love for me, deep within my heart.
It may be all we have for now, but it's enough for me.

Cause you'll never know when I'll walk through your door
and expect you to have my tea.

Original Poem and photography by Kerri Marsh of Rainbow Creations. Copyright. ©

Sunday, May 16, 2010

Casandra 16 Mei 2010

Casandra en haar 5 kleintjies het in die Strand se sentrale besigheidsgebied gebly (agter Kentucky) – hul ‘huis’ was ‘n ‘scrapyard’ van ou wasmasjiene ens. wat buite langs ‘n gebou gelê het. Azanne en Johan van PetPals het tot hulle redding gekom. Casandra is nou al 6 dae by my, en het baie definitiewe idees oor haar roetine, wat soos volg lyk: slaap die hele liewe dag en soek die donkerste stilste plekkies op (soos agter die yskas, wasmasjien, agter die kussings, onder die banke - net as ek bang is sy is weg, dan kom sy uitgesluip), kruip darem uit as ek in die aande huistoe kom om te eet, en is dan te liefdevol en skuur haar aanmekaar teen mens. So 4:00 in die oggende wil sy egter met alle geweld uit die woonstel kom ! (wat onmoontlik is, want deure en vensters word dig toegehou). Sy het al by my op die bed geslaap, en dit lyk of sy goed aanpas by mense! Sy is 'n regte hartedief!







Thursday, May 6, 2010

Mabula Game Lodge 8-9 Mei 2010

Ek het 'n heerlike naweek gehad saam met my man, kind, Gerda & Karl Beukes, en Didi, Rudi en Madison-Lee! Gerda & Karl is wonderlike mense, en het ons al soveel keer uitgenooi saam na Mabula Game Lodge - dit voel al soos 'n derde huis (na ons eie huis in Pretoria en die woonstel in die Strand!) Dit was ook so lekker om weer vir Didi, Rudi en Madison na 6 maande te sien! Wildsritte, perdry, slaap, eet en lekker kuier was hoogtepunte!

























Friday, April 30, 2010

Paternoster 1-2 Mei 2010

Ek het gedink Griekeland is prentjiemooi op al die foto's wat ek gesien het van die land, was verlede jaar daar, en dit was heerlik. Maar toe ontdek ek die naweek Paternoster aan die Weskus - dit oortref enige plek in die wêreld. Ons land het die hele wêreld in een, en daar is nie vir my 'n mooier plek op aarde as juis die Kaap nie. As ek nooit weer oorsee gaan nie, is dit doodreg met my ... alles wat ek lief is voor is hier. Ek het ook perdgery op die strand! Nog 'n droom van my wat waar geword het ... Dit sou volmaak gewees het as my man, Theuns, en ons kind, Monét saam daar kon wees, maar ek sal hulle definitief eendag gaan wys! Hulle is die rede vir my bestaan, heeltemal te goed vir my, en ek is baie lief vir hulle. Baie dankie vir alles wat julle vir my beteken ... julle weet nie hoe baie nie, en ek mis julle (en natuurlik ons plaas vol troeteldiere!) vreeslik!

Hier sommer 'n paar foto's van Paternoster, my blyplek, my perdry ens. Ek het gebly in Fetablokkie en perd gaan ry by Drikus Horse Trails. Die perdry saam met Ronel en ons twee perde was 'n onvergeetlike ervaring - oor duine, langs die see op wye ongerepte strande, verby 'n oesterplaas (60 000 oesters per week!) en Simba (kollie-hond) wat al die pad saamgedraf het. Waar daar diere is, is Ina, of is dit nou andersom? :)

Kliek op die foto as jy dit wil vergroot.