Friday, April 30, 2010

Paternoster 1-2 Mei 2010

Ek het gedink Griekeland is prentjiemooi op al die foto's wat ek gesien het van die land, was verlede jaar daar, en dit was heerlik. Maar toe ontdek ek die naweek Paternoster aan die Weskus - dit oortref enige plek in die wêreld. Ons land het die hele wêreld in een, en daar is nie vir my 'n mooier plek op aarde as juis die Kaap nie. As ek nooit weer oorsee gaan nie, is dit doodreg met my ... alles wat ek lief is voor is hier. Ek het ook perdgery op die strand! Nog 'n droom van my wat waar geword het ... Dit sou volmaak gewees het as my man, Theuns, en ons kind, Monét saam daar kon wees, maar ek sal hulle definitief eendag gaan wys! Hulle is die rede vir my bestaan, heeltemal te goed vir my, en ek is baie lief vir hulle. Baie dankie vir alles wat julle vir my beteken ... julle weet nie hoe baie nie, en ek mis julle (en natuurlik ons plaas vol troeteldiere!) vreeslik!

Hier sommer 'n paar foto's van Paternoster, my blyplek, my perdry ens. Ek het gebly in Fetablokkie en perd gaan ry by Drikus Horse Trails. Die perdry saam met Ronel en ons twee perde was 'n onvergeetlike ervaring - oor duine, langs die see op wye ongerepte strande, verby 'n oesterplaas (60 000 oesters per week!) en Simba (kollie-hond) wat al die pad saamgedraf het. Waar daar diere is, is Ina, of is dit nou andersom? :)

Kliek op die foto as jy dit wil vergroot.



























































Thursday, April 29, 2010

Carnegie Research Academy 11-23 April

Ek was in die baie bevoorregte posisie om een van 6 kollegas te wees wat die Universiteit van Stellenbosch verteenwoordig het op genoemde akademie, wat op 'n lieflike plek gehou is - Mont Fleur. Ek het probeer om elke dag 'n blog-inskrywing te maak en soms foto's te neem wat ek saam met ander kollegas se inskrywings gepubliseer het by RLC Librarians on the Move.

Reading reading reading ....
Arrival at Mont Fleur
A bird's-eye view on Research 1
A bird's-eye view on Research 2
A bird's-eye view on Research 3
A bird's-eye view on Research 4
Almost half-way up the mountain ...
The week that was ...
Practicing research ...
Archives, Access and Ethics
Crawling through the research landscape
Your rights online: UK University Researchers must make research data available
Google Citation Gadget
Challenges facing libraries
Final thoughts ...

Van links na regs ons almal van Stellenbosch: Ina, Pieter, Mimi, Elda (het bib. bestuur verteenwoordig), Santie, Naomie, Marié