Sunday, May 16, 2010

Casandra 16 Mei 2010

Casandra en haar 5 kleintjies het in die Strand se sentrale besigheidsgebied gebly (agter Kentucky) – hul ‘huis’ was ‘n ‘scrapyard’ van ou wasmasjiene ens. wat buite langs ‘n gebou gelĂȘ het. Azanne en Johan van PetPals het tot hulle redding gekom. Casandra is nou al 6 dae by my, en het baie definitiewe idees oor haar roetine, wat soos volg lyk: slaap die hele liewe dag en soek die donkerste stilste plekkies op (soos agter die yskas, wasmasjien, agter die kussings, onder die banke - net as ek bang is sy is weg, dan kom sy uitgesluip), kruip darem uit as ek in die aande huistoe kom om te eet, en is dan te liefdevol en skuur haar aanmekaar teen mens. So 4:00 in die oggende wil sy egter met alle geweld uit die woonstel kom ! (wat onmoontlik is, want deure en vensters word dig toegehou). Sy het al by my op die bed geslaap, en dit lyk of sy goed aanpas by mense! Sy is 'n regte hartedief!







Thursday, May 6, 2010

Mabula Game Lodge 8-9 Mei 2010

Ek het 'n heerlike naweek gehad saam met my man, kind, Gerda & Karl Beukes, en Didi, Rudi en Madison-Lee! Gerda & Karl is wonderlike mense, en het ons al soveel keer uitgenooi saam na Mabula Game Lodge - dit voel al soos 'n derde huis (na ons eie huis in Pretoria en die woonstel in die Strand!) Dit was ook so lekker om weer vir Didi, Rudi en Madison na 6 maande te sien! Wildsritte, perdry, slaap, eet en lekker kuier was hoogtepunte!