Tuesday, August 9, 2011

Witsand - Stef Bos




En ik praat met de zee
En ik praat met de doden
En ik mis soms een god
Om in te geloven
Zoals ik toen ik klein was
Vlak voor het slapen
Wist dat er iemand
Over mij waakte
Nu sta ik hier 's nachts
Ik kijk naar de sterren
En weet niet goed meer
Wat ik moet zeggen
Ik voel me soms moe
Ik voel me soms leeg
Hoe langer ik leef
Hoe minder ik weet

Bron: http://www.lyricstime.com/stef-bos-witsand-lyrics.html

Saturday, July 23, 2011

Saturday, May 14, 2011

Infanta - Deon Meyer

"Wat ons doen, is soms vir die Here onaanvaarbaar, maar ons is nooit vir Hom onaanvaarbaar nie".

Monday, January 31, 2011

Die Reisiger - Coenie de Villiers

DIE REISIGER - Coenie de Villiers

Sny vir my, o Heer
'n wandelstok of twee
uit die woud by Tsitsikamma
en loop dan met my mee:
Oor die vlaktes van die Groot Karoo,
oor die berge van Natal,
langs die kus af tot by Vleesbaai -
tot by die groen van Riversdal.

Brand die hemel van die Vrystaat
in my hart se dagboek in.
Laat my nooit dié lug vergeet nie
wat aan die horison begin.

En Heer, is dit dieselfde son
wat by my reis se einde skyn?
Behou mens steeds die reuk van reën
as jou geheue dalk sou kwyn?
Want ek vrees mos nie die vreemde nie,
selfs die afstand laat my koud.
By U is daar geen leemte nie -
U bly steeds my behoud.

Al reis ek oor die Sewe Seë -
skuif kontinente stil verby;
sal ek my voetval op U rig,
my in die reis verbly.
Maar ek vrees tog wel die eensaamheid
en skrik die groot alleen.
Dís wanneer U my moet dra,
want U weet ek gaan daarheen:
Laat die sterre dus my kompas wees
en U steeds my ware Noord.
Lei elke voetstap van my reis, o Heer,
want dit is soos dit hoort.